19 Februarie 1896 – Braamfontein dinamiettrein ontploffing

Op 19 Februarie 1896 bots ’n goederetrein met ’n dinamiettrein in Braamfontein, Johannesburg. Nagenoeg 80 mense sterf, terwyl sowat 500 beseer is. Die presiese oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.

Mynbouaktiwiteite aan die Rand het die verkope van dinamiet genoodsaak en op dié noodlottige dag was ’n bestelling dinamiet – wat reeds enkele dae tevore afgelaai moes word – steeds op ’n trein in die stasie. Tydens die rangering van trokke het ’n fout met die wisseling van treine plaasgevind en is die dinamiettrein met agt trokke gevul met nagenoeg 60 ton dinamiet getref.

Die ontploffing wat daarop gevolg het, het ’n reusagtige krater (sien foto) van sowat 250 voet lank, by 60 voet breed en nagenoeg 50 voet diep gelaat. Die rook kon kilometers ver gesien word (sien foto). Volgens ’n artikel op www.theheritageportal.co.za is tussen 1 500 en 3 000 huise in die ontploffing verwoes. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Bron:https://atom.drisa.co.za/index.php/johannesburg-19-february-1896-dynamite-explosion-at-braamfontein)