19 Julie

  • 1991: Die Suid-Afrikaanse regering erken in dat hy die IVP in die geheim met skenkings ondersteun het.
  • 1965: Die Suid-Afrikaanse digter, Ingrid Jonker, pleeg selfmoord toe sy by Drieankerbaai in die see ingestap het. Jonker is bekend vir onder meer haar treffende gedigte “Bitterbessiedagbreek” en “Die lied van die Lappop”. Verskeie van haar gedigte is later getoonset en deur die sanger Chris Chameleon opgeneem.
  • 1786: Graaff-Reinet word gestig.
  • Wêreldnuus: 1799: Een van Napoleon se soldate grawe in die Rosettarivier in en ontdek toevallig die Rosettasteen. Dié steen, wat reeds in 196 v.C. gemaak is, is die sleutel tot die ontsyfering van die Egiptiese hiërogliewe. Die inskrywing is in drie tale – naamlik hiërogliewe, Demoties (oftewel alledaagse Egipties) en antieke Grieks.
  • 1899: In die ZAR word die Kiesregwetgewing goedgekeur. Daarvolgens moet ʼn persoon eers minstens sewe jaar in die ZAR woon voordat hy stemreg mag kry.