19 November 1836 – Gerrit Maritz se trek bereik Thaba Nchu

Op 19 November 1836 bereik Gerrit Maritz en sy trek Thaba Nchu (oftewel Blesberg soos wat dit onder die Voortrekkers bekend gestaan het) met meer as 100 waens en ’n groot hoeveelheid vee.

Maritz het Graaff-Reinet in September 1836 met meer as 700 mense verlaat. Hy het volgens die historikus Hermann Giliomee verskeie regsgeskrifte, onder meer ’n werk deur Hugo Grotius, sowel as ’n kanon saamgeneem op die trek. In sy boek oor die Groot Trek, The Voortrekkers of South Africa (gepubliseer in 1936) skryf Manfred Nathan dat Maritz in Maart 1797 gebore is en voor die trek ’n gevestigde wamaker op Graaff-Reinet was. Hy was vooruitstrewend en het deur sy besigheid goeie geld gemaak en eiendomme aangeskaf. Maritz is beskryf as vrygewig en gulhartig, maar ook as iemand wat sterk standpunt kon inneem en nie maklik deur ’n argument afgeskrik is nie.

Nathan skryf: “He was very good-natured, loved a joke, and laughed heartily. It is certain that he was one of the most beloved among the leaders, even if he had occasional acrimonious disputes. Men, women and children mourned his death [in September 1838] more deeply and sincerely than they did that of any Voortrekker, with the possible exception of Retief.”

Wil jy hierdie vakansie saam op die Groot Trek gaan? Dan is die nuwe bordspeletjie “Die Groot Trek” net vir jou. Dit is beskikbaar teen slegs R350 in Kraal se e-winkel.

(Kaart: Die roetes van die mees prominente trekke uit die Kaap.)