2 April 1918 – GRA Medestigter oorlede

Medestigter van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) Daniël Francois du Toit – ook bekend as Daan Dokter – is vandag 102 jaar gelede, op 2 April 1918 oorlede. Hy was 65 jaar oud.

Daan Dokter was ’n wynboer van die Paarl, maar het later op sy werk as bestuurder van D.F. du Toit & Co. gefokus. Dié drukker het vanaf 1878 die “Patriot” uitgegee sowel as die meeste Afrikaanse boeke in daardie stadium. Volgens Jaap Steyn, skrywer van “Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans” (uitgegee deur Kraal Uitgewers) het D.F. sy bynaam gekry omdat hy op reis na Transvaal altyd ’n medisynetrommeltjie by hom gehad het.