2 Augustus 1865 – Klassieke kinderverhaal “Alice in Wonderland” die eerste keer gepubliseer

Op 2 Augustus 1865 (sommige bronne toon aan dit was Julie 1865) word die nou klassieke kinderverhaal “Alice in Wonderland” deur Lewis Carroll (skrywersnaam vir Charles Dodgson) die eerste keer gepubliseer.

Die eerste 2 000 boeke is egter kort na publikasie onttrek omdat die illustreerder, John Tenniel, ontevrede was met die voorkoms van die illustrasies in die gedrukte boek. Teen November daardie jaar het die tweede uitgawe verskyn. Dié boek is sedertdien in meer as 170 verskillende tale en dialekte vertaal – insluitend Afrikaans! Hier is drie feite oor die geliefde “Alice in Wonderland” wat jy waarskynlik nie geweet het nie:

  1. Dodgson het oorspronklik sy stories aan verskillende kinders vertel – waaronder ’n jong meisie met die naam Alice – terwyl hulle op die Teemsrivier geroei het.
  2. Die oorspronklike titel was “Alice’s advertures underground”
  3. Dodgson wou eintlik die illustrasies self doen, maar het later besef dat sy talente elders lê waarna hy die kunstenaar van die tydskrif “Punch”, John Tenniel, genader het vir die taak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Illustrasie: Een van die oorspronklike Tenniel-illustrasies uit “Alice in Wonderland”; tientalle kleurvolle voorblaaie van “Alice in Wonderland” het al deur die jare die lig gesien soos dié een uit die 1890’s en ’n nuwer uitgawe uit 2015.)