2 Junie 1887 – Delagoabaai-spoorlyn konstruksie begin

Op 2 Junie 1887 word met die konstruksie van die Delagoabaai-spoorlyn begin en word sewe jaar later, op 20 Oktober 1894, voltooi.

Dit is amptelik op 1 Januarie 1895 ingewy. Die regering van die ZAR het jare lank reeds gehoop om ’n spoorlyn na die hawestad by Delagoabaai te bou en sodoende dié Boererepubliek met die see te verbind (sonder om deur Britse gebied te reis). Die goedkeuring vir die bou van die spoorlyn is reeds in Julie 1872 deur die Volksraad gegee, maar verskeie sake (insluitende befondsing en Britse teenkanting) het die bouwerk belemmer. Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 het egter aan die ZAR die nodige finansiële hupstoot gegee om dié projek mee aan te pak. Die voltooide spoorlyn het uiteindelik oor ’n afstand van 562 km gestrek, waarvan 472 km binne die ZAR se grondgebied was.

 

 

 

 

 

 

 

 

(Foto: Voorbereidings vir die konstruksie van die Delagoabaai-spoorlyn wat by Krokodilpoort gemaak is; en ’n span werkers besig om die terrein in ’n heuwelagtige gebied vir die lê van die spoorlyn na Delagoabaai voor te berei. Bron: www.atom.co.za)