2 Mei 1957 – Die Stem as SA volkslied aanvaar

Op 2 Mei 1957, vandag 63 jaar gelede, aanvaar die Suid-Afrikaanse parlement “Die Stem van Suid-Afrika” eenparig as die amptelike volkslied.

Hoewel “Die Stem van Suid-Afrika” eers in 1957 as die volkslied aanvaar is, gaan die lied se oorsprong baie verder terug as dit – bykans 40 jaar vroeër om presies te wees. “Die Stem” is reeds in 1918 deur die Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven geskryf. Lees hier meer oor die lied se geskiedenis.