2 September

  • 1958: Hendrik (H.F.) Verwoerd word as die sewende eerste minister van die Unie van Suid-Afrika ingehuldig. Hy dien as eerste minister van 1958 tot sy dood op 6 September 1966. Verwoerd volg J.G. Strijdom op en sou later as die “argitek van apartheid” bekendstaan weens sy streng beleid van segregasie.
  • 2001: Christiaan Barnard, wêreldbekende hartchirurg, sterf op die ouderdom van 78 jaar in Griekeland. Barnard het wêreldbekendheid verwerf nadat hy op 3 Desember 1967 die eerste suksesvolle hartoorplanting op ’n mens uitgevoer het.