20 April 1968 – SAL vlug SA228 stort neer

Op 20 April 1968, vandag 52 jaar gelede, het vlug SA228 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens neergestort, kort nadat dit by die Windhoek-Strijdom-lughawe in die destydse Suidwes-Afrika opgestyg het. ’n Totaal van 111 uit die 116 passasiers het gesterf, terwyl al 12 bemanningslede omgekom het. Die vlug, wat kort voor 21:00 opgestyg het, was onderweg na Luanda, Angola, vanaf Johannesburg en het ’n konneksie in Windhoek gehad. Die vlug se eindbestemming was Londen, Engeland.

 

 

 

 

 

 

 

(Foto: Die Boeing 707 wat neergestort het en die ongelukstoneel van SA228. Volgens die Aviation Safety Network het die wrakstukke verspreid gelê oor ’n gebied van nagenoeg 1 400 meter lank en 200 meter wyd. Fotobron: Wikipedia en Bureau of Aircraft Accidents Archives)