20 Desember 1880 – Eerste veldslag van EVO vind plaas

Vandag 140 jaar gelede, op 20 Desember 1880, vind die eerste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog by Bronkhorstspruit plaas.

In sy bekroonde boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 skryf die historikus dr. Jackie Grobler soos volg oor die eerste skote van die slag:

“Die Boere het die eerste skote van die geveg by Bronkhorstspruit geskiet. Hulle was in verspreide orde suid van die pad, teenoor die hele Britse kolonne en skaars 130 meter daarvan af, ontplooi. Dit is duidelik dat hulle aanvanklik op die Britse offisiere gekorrel het, want die meeste van laasgenoemdes is vroeg in die geveg getref.”

Lees die volle verhaal van dié veldslag in Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 – dié boek is beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel.

(Foto: Die slagveld by Bronkhorstspruit lank na afloop van die geveg. Die foto toon duidelik die oop landskap waarin die geveg plaasgevind het.)