20 Julie

  • 1998: Voormalige minister van wet en orde, Adriaan Vlok, en die oudpolisiekommissaris, genl. Johan van der Merwe, getuig voor die Waarheids-en-versoeningskommissie dat oudpresident F.W. de Klerk kennis gedra het van bomplantery in die land.
  • Wêreldnuus: 1969: Apollo 11 land op die maan en Niel Armstrong word die eerste man om op die maan te loop. Dit volg nadat Apollo 11 op 16 Julie gelanseer is.
  • 1901: Die eggenote van president Paul Kruger van die ZAR, Gezina Kruger, sterf in die ouderdom van 70 jaar terwyl haar man as banneling in Switserland bly.
  • 1970: ʼn Prestasie wat as een van die grootste wetenskaplike en tegniese prestasies in die geskiedenis van Suid-Afrika beskou word, het ʼn span Suid-Afrikaners onder leiding van dr. W.L. Grant daarin geslaag ʼn proses vir isotoopskeiding en derhalwe ook van uraanverryking te ontwikkel. Op 20 Julie 1970 kondig die destydse minister van mynwese dié merkwaardige prestasie aan. Daarbenewens word die Wet op Uraanverryking ook op dié dag in die parlement goedgekeur en die Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika word gestig.
  • 1992: Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span vertrek om aan die Olimpiese Spele in Barcelona, Spanje deel te neem. Dit is die eerste keer sedert 1960 wat ʼn Suid-Afrikaanse span aan dié spele mag deelneem.