20 September

  • 1700: Hendrik Swellengrebel word op dié dag gebore. Swellengrebel is die enigste gebore Kapenaar wat goewerneur word. Die dorp Swellendam word na hom en sy vrou, Helena ten Damme, vernoem.
  • 1834: Die skip Charlotte strand in Algoabaai en 97 mense verdrink.
  • 1904: Die jeugliteratuur-skrywer P.J. Schoeman word gebore. Hy is veral bekend vir werke soos Fanie word grootwildjagter en Kampvure wat nie uitbrand nie. In 1956 word hy die eerste ontvanger van die Scheepers-prys vir jeugliteratuur en in 1982 ontvang hy die Perskor-prys vir jeugliteratuur. Hy sterf in 1988.
  • 1914: Vyf dae ná die skietongeluk wat tot sy dood gelei het, word genl. Koos de la Rey op Lichtenburg begrawe. Sy begrafnis is gespanne, want baie mense glo dat hy opsetlik geskiet is. Danksy genl. Beyers se rustige toespraak by die begrafnis ontaard dit nie in ʼn massabetoging nie.
  • 1978: Eerste minister John Vorster kondig sy bedanking aan.
  • 1989:W. de Klerk word as die tweede uitvoerende staatspresident van Suid-Afrika ingehuldig. Hy is die elfde regeringshoof sedert Suid-Afrika in 1910 ʼn unie geword het.