Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

Mandjie

Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

1619 – Jan van Riebeeck, wat die VOC verversingstasie aan die Kaap kom vestig het, word in Culemborg, Nederland gebore.
1881 – Jacobus Nicolaas Boshoff (73), die tweede president van die Vrystaat, sterf in die Pietermaritzburg-distrik. Boshoff was verantwoordelik vir onder meer die vestiging van die Vrystaat se wapen, vlag en het in 1856 die hoeksteen van Grey-kollege, vandag nog ʼn vooraanstaande skool in Bloemfontein, gelê.
1901 – Emily Hobhouse kom in Bloemfontein aan as deel van haar ondersoek na die toestande van die Britse konsentrasiekampe wat in die Anglo-Boereoorlog opgestel is.
1977 – Die minister van verdediging, P.W. Botha, kondig aan dat diensplig in Suid-Afrika tot twee jaar verleng sal word.