21 Desember 1838 – Andries Pretorius bereik kwaMatiwane

Op 21 Desember 1838, vier dae ná die Slag van Bloedrivier, bereik Andries Pretorius en sy Wenkommando kwaMatiwane by uMgungundlovu (hoofstat van die Zoeloes).

Hulle het die vorige dag reeds rookwolke bo die stat sien hang nadat die Zoeloes dit aan die brand gesteek het voordat hulle gevlug het. Op die 22ste klim Pretorius-hulle kwaMatiwane uit en vind daar die beendere van Piet Retief en die ander Trekkers in sy geselskap wat in Februarie daardie jaar deur Dingane vermoor is. Daar vind hulle ook die ondertekende traktaat in Retief se bladsak. Die Retief-geselskap se oorskot is op 25 Desember aan die voet van kwaMatiwane begrawe.

(Foto: Die Retief-monument by kwaMatiwane, bron: https://mapio.net/pic/p-65626272/