21 Januarie 1960 – Coalbrook-mynramp

Op 21 Januarie 1960, vandag 60 jaar gelede, vind die grootste mynramp in Suid-Afrikaanse mynbougeskiedenis plaas toe ’n groot deel van die Coalbrookmyn buite Sasolburg ineenstort. Meer as 430 mynwerkers sterf in dié ramp. Ná die ramp het die sangpaar Die Briels (wat bekend was vir hul uitermatige somber musiek) onder meer die liedjies “Ter nagedagtenis aan 435 mynwerkers” en “Mynerslied” oor Coalbrook opgeneem. Lees hier meer oor die mynramp en die mynrampfonds wat vir die familie en kinders van die mynwerkers gestig is.

Klik hier om na beeldmateriaal van die myn kort na die ongeluk te kyk. (Die foto toon reddingswerkers wat klanktoerusting in ’n skag by die Coalbrookmyn afsak om vas te stel of die vasgekeerdes in die myn gehoor kan word.)