21 Julie 1812 – Kommandant Louw Wepener in Graaf-Reinet gebore

Kommandant Louw Wepener is op dié dag in Graaf-Reinet gebore.

Wepener word as ʼn volksheld beskou vir sy aandeel in die Tweede Basoetoe-oorlog tydens die Slag by Thaba Bosigo in 1865. Die dorp Wepener is in 1867 gestig en na hom vernoem.

(Foto: Borsbeeld van Louw Wepener voor die Stadsaal in Wepener, Vrystaat.)