21 Julie

  • 1987: Die Britse vakbond vir professionele kunstenaars besluit tydens ʼn spesiale vergadering om die verbod op Britse televisie- en videomateriaal aan Suid-Afrika op te skort.
  • 1990: Die staking van werknemers van die Suid-Afrikaanse winkelgroep OK Bazaars kom tot ʼn einde na sewe weke. Dit volg nadat die vakbond Saccawu die salarisverhoging aanvaar en ook toegee dat Sharpevilledag – 21 Maart – voortaan as ʼn betaalde verlof- en gedenkdag deur die personeel gevier mag word.
  • 1812: Kommandant Louw Wepener is op dié dag in Graaf-Reinet gebore. Wepener word as ʼn volksheld beskou vir sy aandeel in die Tweede Basoetoe-oorlog tydens die Slag by Thaba Bosigo in 1865. In 1967 is die Louw Wepener-medalje vir heldhaftige optrede ingestel.
  • Wêreldnuus: 1897: Die Tate-galery open in Londen. Dié galery huisves die nasionale versameling van Britse kuns vanaf ongeveer die 1500’s tot en met vandag.