21 Mei 1919 – Landbouweekblad vier 101ste verjaardag

Die geliefde landboutydskrif – Landbouweekblad – vier vandag sy 101ste verjaardag nadat die eerste uitgawe van die tydskrif op 21 Mei 1919 verskyn het.

Die eerste uitgawe van die tydskrif was 32 bladsye dik en het oorspronklik tweeweekliks verskyn, maar vanaf Augustus 1919 is dit aangepas om weekliks te verskyn. In daardie stadium het ’n Landbouweekblad 6 pennies gekos. In die 100 jaar-gedenkuitgawe van die tydskrif wat verlede jaar verskyn het, is die stigting van die tydskrif soos volg verduidelik: “Die doel was om boere te lei om beter landbouers te word sodat hulle nie verarm en na die stede hoef te trek nie. Van meet af aan is probeer om die boer se taal te praat – om met hom oor sy probleme te gesels, hom te vertel van nuwe ontwikkelinge en hom op die hoogte te hou van gebeure in ander dele van die wêreld.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kry jou eie Landbouweekblad-Boereplaas vandag nog by Kraal Uitgewers. Klik hier om dié versamelaarsuitgawe te bestel.