21 September

  • 1912: Jan Lion Cachet, predikant in die Gereformeerde Kerk en prominente kampvegter van die eerste en tweede taalbeweging, sterf in Potchefstroom. Cachet is ook bekend as skrywer en digter. Sy bekendste boek is Sewe duiwels en wat hulle gedoen het.
  • 1919: Die ondertekening van die Verdrag van Versailles bring ʼn einde aan die Eerste Wêreldoorlog, waarna Duits-Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer geplaas word. Die land word uiteindelik in 1990 onder die nuwe naam Namibië onafhanklik verklaar.
  • 1980: Baba Edwin Smith word op 21 September 1980 die jongste persoon ter wêreld om hartchirurgie te ondergaan. Hy was skaars ʼn dag oud toe hy hartprobleme ontwikkel het, wat gekeer het dat genoeg bloed deur sy liggaam pomp. Prof. Rob Kinsley, die hoof van J.G. Strijdom Hospitaal se kardiologiese span het hom geopereer.