22 April 1955 – Eerste tee- en koffiefabrieke in SA deur vroue opgerig

Min dinge kom by ’n koppie Boeretroos (of ’n soet koppie tee), en dit weet vroue uit die Afrikaner se geskiedenis maar al te goed. Op 22 April 1955 word die Eerste Nasionale Tee- en Koffiefabrieke – die eerste openbare maatskappy wat deur Afrikaanse vroue opgerig is – onder voorsitterskap van Hobbie le Roux gestig.

Sy is opgevolg deur mev. P.K. Morkel. Meer as 10 000 vroue was aandeelhouers van dié maatskappy wat later verantwoordelik was vir die bemarking van Braganza-tee (sien foto) en later ook Frisco-koffie (sien foto van kenmerkende ou Frisco-blik).