Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

Mandjie

Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

1901 – Lord Kitchener reik ʼn kennisgewing uit waarin Kaapse burgers gewaarsku word dat burgers wat aan die Republikeinse (dus die twee Boere-republieke) kant veg, verreikende gevolge in die gesig staar.
1911 – Minstens 28 mense sterf in ʼn tragiese treinongeluk toe ʼn trein wat van Port Alfred onderweg was van die Blaauwkransbrug in Oos-Londen afstort.
1923 – Daniël F. Du Toit, bekend onder sy skrywersnaam van Oom Lokomotief, sterf op 77-jarige ouderdom in Bloemfontein. Hy was onder meer een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) en redakteur van Die Patriot.
1955 – Die Eerste Nasionale Tee- en Koffiefabrieke – die eerste fabriek wat deur Afrikaanse vroue opgerig is – word gestig onder voorsitterskap van mev. P.K. Morkel. Die maatskappy was verantwoordelik vir die bemarking van Braganza-tee en later ook Frisco-koffie.