22 Junie 1901- Afrikaanse skrywer Eitemal gebore

Op 22 Junie 1901, vandag 119 jaar gelede, is die Afrikaanse skrywer Willem Jacobus du Plooy Erlank, ook bekend as Eitemal, op Wolmaransstad gebore.

Hy is veral bekend as die skrywer van ’n gedig wat verwerk is tot “Lied van jong Suid-Afrika”. Gedurende sy loopbaan het Erlank as onderwyser, hoogleraar in Nederlandse letterkunde by Stellenbosch, en kultuurattaché by die Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag, Nederland, gewerk. As skrywer het hy twee digbundels, die eselromannetjie Jaffie, ’n bundel stories en ’n drama laat verskyn. Hy het ook die vertalings van verskeie Shakespeare-werke gedoen. Hy was van jongs af ’n aktivis en het as koshuisstudent aan die Universiteit van Pretoria se Kollegetehuis in 1919 die Union Jack by die koshuis afgeskeur en saam met sy vriende verbrand. Dié optrede was ’n simboliese losmaking van Britse invloed. Hiervoor is hy ses weke lank uit die universiteit skors. Eitemal was later medestigter van die FAK en ook redaksielid van die eerste FAK-Volksangbundel.