klandestien b.nw. en bw.
Heimlik, verbode; iets wat in die geheim, dikwels onwettig of ongeoorloof, gedoen word (byvoorbeeld klandestiene verkoop van drank, diamante; ’n klandestiene ontmoeting met iemand).
Oorsprong: Frans clandestin; Latyn clandestinus: geheim.
(BRONNE: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)