23 April

  • 1811 – Die dorpie George in die Suid-Kaap word gestig en staan oorspronklik as George Town bekend.
  • 1914 – Afrikaans kry vir die eerste keer amptelike erkenning in die Kaapse provinsiale raad nadat die bekende taalstryder en skrywer, C.J. Langenhoven, die koukus van Engelssprekendes hieroor toespreek.
  • 1919 – Die Onderwyskollege van Potchefstroom word met 131 studente deur die direkteur van onderwys in Transvaal, dr. John Adamson, geopen.
  • 1999 – ʼn Aardbewing wat 4,8 op die Richterskaal meet, vind in Welkom plaas. Sowat 970 mynwerkers is vir nagenoeg 16 uur lank ondergronds vasgekeer as gevolg van die aardbewing.