23 Augustus 1862 – Eerste rugbywedstryd in SA

Op 23 Augustus 1862, vandag 158 jaar gelede, vind die eerste rugbywedstryd in Suid-Afrika plaas toe ’n militêre en ’n burgerlike span mekaar die stryd aansê in Groenpunt, Kaapstad.

Die vestiging van die eerste rugbyklubs het meer as ’n dekade later gevolg met die stigting van die Hamilton- en Villagers-klubs in 1879. Die benaming “Springbokke” is die eerste keer in 1906 vir die Suid-Afrikaanse rugbyspan gebruik. Paul Roos was in daardie stadium kaptein van die nasionale span.

Lees meer oor die geskiedenis van rugby soos vertel deur die kameralense van die sportfotograaf Wessel Oosthuizen en nagenoeg 40 van sy kollegas in Portrait of rugby. Dié boek is beskikbaar in Kraal se e-winkel.

(Foto: Die Springbokspan van 1906)