23 Augustus

  • 1936 ― Sir Thomas Cullinan, stigter van die Premier-myn, waar die Cullinan-diamant in 1905 ontdek is, sterf in die ouderdom van 74 jaar. Die Cullinan-diamant is die grootste diamant in die geskiedenis en is later as verjaardaggeskenk aan Koning Eduard van Engeland geskenk.
  • 1862 ― Die eerste rugbywedstryd in Suid-Afrika skop af. Dié wedstryd, tussen ʼn militêre en ʼn burgerlike span, het in Kaapstad plaasgevind. Die gewildheid van die sport het vinnig onder Suid-Afrikaners gegroei en is nou een van ons gewildste sportsoorte.