23 Julie

  • 1986: Die verpligting op swart Suid-Afrikaners om pasboekies te dra word afgeskaf.
  • Wêreldnuus: 1828: Die patent vir wat beskou word as die eerste tikmasjien word aan William Burt in Michigan toegestaan vir sy tipograaf.
  • 1706: Die Here XVII besluit daarteen dat die eiland Mauritius ’n ondergeskikte nedersetting van die Kaap moet word.
  • 1907: Die volksraad keur ’n voorstel vir die vereniging van die vier Suid-Afrikaanse provinsies goed. Dit lei uiteindelik tot die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910.
  • 1970: Die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies stel ’n onvoorwaardelike wapenverbod teen Suid-Afrika in.
  • 1987: Getuienis oor ’n beweerde sameswering deur vier mans om die Londense kantore van die ANC op te blaas en die leiers te ontvoer, word in ’n Britse hof aangehoor. Een van die mans was voorheen ’n offisier in die Suid-Afrikaanse Weermag.