23 Mei 1964 – Wallis speel 1ste amptelike rugbytoer in suidelike halfrond

Vandag 56 jaar gelede, op 23 Mei 1964, speel Wallis in sy eerste amptelike rugbytoer na die suidelike halfrond teen die Springbokke op Kings Park in Durban.

Die Walliesers verloor hierdie geskiedkundige wedstryd 3-24. Volgens www.rugbystats.co.za het Suid-Afrika en Wallis mekaar al sedert 1906 in 36 toetse die stryd aangesê, waarvan die Springbokke 29 gewen het en Wallis 6. Een wedstryd, die toets wat in 1970 op Cardiff Arms Park gespeel is, het gelykop geëindig. Die 1964-wedstryd was maar die sewende toetswedstryd waarin dié twee spanne kragte gemeet het. Die mees onlangse kragmeting was op 27 Oktober 2019 toe die Springbokke Wallis met 19-16 in Cardiff geklop het. Die Springbokke kon nog net in drie van sy wedstryde teen Wallis deur ’n skepskop punte aanteken. Hansie Brewis het dit in 1951 reggekry en meer onlangs ook Handré Pollard in 2015. Die enigste ander keer was tydens die 1964-wedstryd in Durban toe die heelagter, Lionel Wilson, die skop sowat 45 m van die pale af deurgesit het.

 

 

 

 

 

 

 

(Foto’s: Lionel Wilson, en die oomblik wat Nelie Smith ’n drie tydens die 1964-wedstryd teen Wallis gedruk het. Klik hier om na dié drie op YouTube te kyk.)

Bronne: www.rugbystats.co.za, rugby365.com