24 Augustus

  • 1958 ― J.G. (Hans) Strijdom, voormalige eerste minister van Suid-Afrika en leier van die Nasionale Party, sterf in die ouderdom van 65 jaar.
  • 1978 ― Voormalige eerste minister B.J. Vorster kondig aan dat die Kommunikasieburo onder toesig van die departement van buitelandse sake geplaas word. Later die jaar word hy by die sogenaamde Inligtingskandaal betrek.
  • 1998 ― Dr. Allan Boesak, een van die stigterslede van die Verenigde Demokratiese Front, se verhoor begin nadat hy van bedrog en die misbruik van fondse aangekla is. In Maart 1999 word hy skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Hy word egter vrygelaat nadat hy net ’n jaar van sy vonnis uitgedien het.