24 Julie

  • 1964: ’n Bom ontplof by die Johannesburg stasie en 22 mense word ernstig beseer en een sterf. Frederick John Harris, ’n onderwyser en lid van die Anti-apartheid Resistance Movement (ARM), word op 1 April 1965 vir dié misdaad gehang. Harris was die enigste wit persoon wat gedurende apartheid vir sy optrede teen apartheid tereggestel is.
  • 1839: Sir Christoffel Brand neem by sy broer, P.A. Brand, die redakteurskap van die koerant De Zuid-Afrikaan
  • 1918: Die nyweraar en besturende direkteur van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, G.S.J. Kuschke, word in Johannesburg gebore.
  • Wêreldnuus: 1946: Amerika voer sy eerste onderwatertoets met ’n atoombom in die Stille Oseaan uit.
  • 1999: ’n Sleepboot van Port Elizabeth sink sowat 70 seemyl suid van Kaap St. Francis en 26 mense verdrink en nege word gered.
  • 1978: Die toenmalige Mej. Suid-Afrika, Margaret Gardiner van Kaapstad, word in Mexiko as die eerste Suid-Afrikaanse Mej. Heelal gekroon.