24 Maart 1855 – Olive Schreiner gebore

Skrywer van onder meer die bekende “The story of an African farm”, Olive Schreiner, is vandag 165 jaar gelede, op 24 Maart 1855, op Witteberg in die Oos-Kaap gebore. Schreiner word beskou as ’n feminis, vurige aktivis en intellektuele. Sy het haar onder meer sterk uitgespreek teen die Jameson-inval en die Anglo-Boereoorlog.

In ’n biografie oor dié skrywer, skryf Anne Mcclintock soos volg oor Schreiner se skryfwerk: “Her work amounts to an impassioned and lifelong denunciation of social injustice in the colonies and Britain, and a fierce defense of the disempowered: Africans and Boers, prostitutes and Jews, working-class women and men. In this respect, Schreiner was an exception in her time.”

Sy het “The story of an African farm” onder die skrywersnaam Ralph Irons geskryf weens die vooroordeel wat daar in daardie stadium teen vroulike skrywers bestaan het. Die tweede uitgawe van die boek, wat in 1891 verskyn het, het egter onder Schreiner se eie naam verskyn.