24 Mei 1857 – Britse vroulike oorlogskorresprondent lady Florence Caroline Dixie gebore

Die Britse vroulike oorlogskorresprondent, lady Florence Caroline Dixie is vandag 163 jaar gelede, op 24 Mei 1857 in Skotland gebore.

Sy was onder meer gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) ’n korrespondent vir die Morning Post. Sy was die eerste vrou om as veldkorrespondent vir dié Britse koerant aangestel te word. Sy was bekend as skrywer, oorlogskorrespondent en feminis. Verskeie boeke het uit haar pen verskyn waaronder Across Patagonia, In the land of misfortune en The revolution of 1900.

(Illustrasie: Lady Florence in die 1870’s).