25 April

  • 1804 – Die Oos-Kaapse dorp Uitenhage word deur Jacob Abraham Uitenhage de Mist gestig.
  • 1945 – Afgevaardigdes van 45 lande kom in San Francisco byeen om die Verenigde Nasies (VN) te stig.
  • 1990 – Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, kaptein Dirk Coetzee, getuig voor die Harms-kommissie oor die moorde deur die Suid-Afrikaanse Polisie op Suid-Afrikaanse burgers.
  • 1994 – ʼn Motorbom, waarin tien mense sterf en 36 beseer word, ontplof by ʼn taxistaanplek in Germiston. Die AWB was verantwoordelik vir die bom en het in 1998 aansoek om amnestie gedoen vir dié en ander soortgelyke terreuraksies wat kort voor die 1994-verkiesing plaasgevind het.