25 Augustus 1840 – Skrywer van eerste SA kookboek is gebore

Elizabeth Jane Dijkman, skrywer van die eerste Suid-Afrikaanse kookboek is gebore.

Haar kookboek, Di Suid-Afrikaanse kook, koek- en resepteboek, wat in 1891 deur die drukkers van Die Afrikaanse Patriot gepubliseer is, het binne twee jaar drie uitgawes en uiteindelik altesame 18 uitgawes beleef.