25 Augustus

  • 1993 ― Amy Biehl, ʼn Amerikaanse student en anti-apartheidsaktivis, word deur ʼn skare van meer as 100 betogers aangeval en vermoor. Die skare was lede van die PAC (Pan Africanist Congress) wat ʼn lied met die woorde “one settler, one bullet” gesing het. Sy wou van haar swart vriendinne in Gugulethu aflaai toe sy uit haar kar geruk en vermoor is.