25 Februarie 1961 – Anneli van Rooyen gebore

“Sewe sakke sout”, “Neem my op vlerke” en “Ek lewe!” – as hierdie liedjietitels bekend klink is jy waarskynlik ’n kind van die 1980’s en sal die eerste note van dié liedjies jou byna onwillekeurig laat saam sing. Die stem agter hierdie nou legendariese liedjies, Anneli van Rooyen, vier vandag haar 59ste verjaardag.

Sy is op 25 Februarie 1961 gebore en haar loopbaan het in 1979 afgeskop toe sy die ATKV se Crescendo-kompetisie gewen het.