26 Januarie 1942 – De Villiers Bester Lamprecht gebore

De Villiers Bester Lamprecht, die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat daarin kon slaag om die myl in onder vier minute af te lê, is vandag (26 Januarie) in 1942 op Prins Albert gebore. Lamprecht, ’n student van die Universiteit Stellenbosch, het sy eerste droommyl op 13 November 1964 in Stellenbosch voor ’n skare van nagenoeg 2 000 mense in 3 minute 59.7 sekondes afgelê. Lamprecht, ’n kaalvoetatleet, se wenmyl was slegs een sekonde stadiger as dié van die Nieu-Seelander en toenmalige Olimpiese rekordhouer, Peter Shell.