26 Oktober

  • 1657: Die eerste pynappels word in Suid-Afrika aangeplant.
  • 1747: Die dorpie Swellendam word gestig.
  • 1860: Die Suid-Afrikaanse weerdiens word ingestel.
  • 1629: Maria de la Queillerie (latere eggenote van Jan van Riebeeck) is op dié dag gebore. Sy het op 22-jarige ouderdom saam met Van Riebeeck in die Kaap aangeland.
  • 1909: Die bekende toneelspeler, omroeper en medestigter van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO), Gideon Roos, is op dié dag op Worcester gebore.
  • 1939: Die skrywer, Karel Schoeman, is op dié dag op Trompsburg in die Vrystaat gebore. Hy is drie keer met die Hertzogprys vir prosa bekroon (in 1970, 1986 en 1995). Van sy bekendste werke sluit onder meer in By fakkellig, ʼn Lig vol helder wolke en Spiraal

  • 1940: Jan Smuts besoek Suid-Afrikaanse soldate in Noord-Afrika gedurende die Tweede Wêreldoorlog.