27 Mei 1914 – SAAWK stel Hertzogprys in

Op 27 Mei 1914 stel die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Hertzogprys in.

Dit is die volgende jaar vir die eerste keer toegeken en die digter Totius ontvang dié prys vir sy digbundel “Trekkerswee”. Die Hertzogprys vir letterkunde word as die prestigeprys vir Afrikaanse skryfwerk beskou en is die grootste eer wat ’n Afrikaanse skrywer kan ontvang. Toekennings word jaarliks aan ’n skrywer van oorspronklike Afrikaanse prosa-, drama- of poësiewerke toegeken. Die Akademie se huldigingsreeks betoon eer aan wenners van dié gesogte toekenning. Vyf bundels is reeds in hierdie reeks gepubliseer en stel op ’n wetenskaplike, maar toeganklike wyse, ondersoek in na die lewe en werk van Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en Johann de Lange. Dié vyf bundels is as ’n pakket beskikbaar by Kraal Uitgewers.

Klik hier vir meer inligting.