27 November 1798 – Voortrekker Andries Pretorius gebore

Andries Pretorius verjaar!

Vandag 222 jaar gelede, op 27 November 1798, is die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius op die plaas Driekoppen in die Graaff-Reinet-distrik gebore.

Pretorius word beskou as die mees prominente figuur van die Groot-Trek en het sedert sy vertrek uit die Kaapkolonie (as trekleier van sy eie trekgeselskap bestaande uit 68 waens) tot sy dood in 1853 ’n belangrike rol in die geskiedenis van die Trekkers gespeel. Sy bydrae as kommandant-generaal van die Voortrekkers, aanvoerder by die Slag van Bloedrivier, stoere opponent van sir Harry Smith en onderhandelaar van die Sandrivierkonvensie getuig van dié rol.

Neem saam met jou gesin die Voortrekkerpad en kry die “Groot Trek”-bordspeletjie (R350) vandag nog in Kraal Uitgewer se e-winkel. Dié bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwars-roete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die moordlustige tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter.