27 Oktober

  • 1900: Die Slag van Rensburgsdrif vind tydens die Anglo-Boereoorlog plaas.
  • 1901: Die Britse vrou, Emily Hobhouse, kom aan boord van die SS Avondale Castle, in Tafelbaai aan, maar kolonel H. Cooper, die militêre kommandant van die Kaap weier om toestemming te gee dat sy aan wal gaan.
  • 1926: Tydens ʼn roudiens en gedenkgeleentheid word hulde gebring aan Emily Hobhouse. Die roudiens word deur ds. J.D. Kestell vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein gelei. Hobhouse se as, wat uit Engeland na Suid-Afrika gebring is, is hierna in ʼn nis aan die voet van die Vrouemonument geplaas.
  • 1915: Die Suid-Afrikaanse aktrise Hermien Dommisse is op dié dag gebore. Sy sou later jare veral bekend word vir haar rol as Monika Vorster in die TV-sepie Egoli: Plek van Goud.

  • 1966: Tydens ’n algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) word besluit dat Suid-Afrika van sy mandaatskap oor Suidwes-Afrika moet afsien.