Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

Mandjie

Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

1862: Generaal Louis Botha, prominente leier in die Anglo-Boereoorlog en latere eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, word op Greytown, Natal (vandag KwaZulu-Natal) gebore.
1886: Die oudste deel van Johannesburg, Marshalltown, se uitleg word deur Henry Brown Marshall en Kidger Tucker opgetrek. Hulle het soveel as moontlik plotte in die klein driehoekige area probeer inpas – juis daarom is die strate in die hedendaagse Johannesburgse middestad so nou.
1893: Johannes Scheepers, een van die stigtingslede van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) en sekretaris van die simboliese ossewatrek, word op Middelburg in die Oos-Transvaal (nou Mpumalanga) gebore. Die Ossewatrek is tydens die 100-jaar-vieringe van die Groot Trek gehou.