28 Oktober

  • 1901: Die Britse pers het dikwels pro-konsentrasiekampuitlatings tydens die Anglo-Boereoorlog gepubliseer. Een so ʼn uitlating wat op dié dag deur eerwaarde John Knox Little gemaak is, lui soos volg: “,Among the unexampled efforts of kindness and leniency made throughout this war for the benefit of the enemy, none have surpassed the formation of the Concentration Camps.”
  • 1933: Constand Viljoen (die latere leier van die Suid-Afrikaanse Weermag en leier van die Vryheidsfront) is op dié dag in Standerton gebore.
  • 1990: Beyers Naudé praat vir die eerste keer in 27 jaar weer in die openbaar tydens ʼn vergadering van die NG Kerk by die NG Kerk Aasvoëlkop. By hierdie geleentheid herhaal hy sy oproep tot rasse-eenheid wat hy oorspronklik in 1960 gedoen het. Hierdie uitsprake het hom in die 1960’s van die wit gemeentes vervreem en hy is ook later deur die regering ingeperk.