3 Oktober

  • 1899: Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog wat in hierdie stadium onafwendbaar lyk (en in werklikheid slegs agt dae later wel sou uitbreek) word besluit om die Ferreira en Robinson Deep-myne in die ZAR te sluit.
  • 1899: Die Britse Kommissaris vir Basotholand (Sir Godfrey Lagden) kondig tydens ʼn vergadering met Basotholeiers aan dat die naderende oorlog ʼn “witmansoorlog” sal wees.
  • 1901: Generaal Jan Smuts en sy kommando val ’n groep Britse soldate onder leiding van luitenant-kolonel Gorringe in die Zuurberge aan. Intussen word drie van Smuts se manne aangekeer en tereggestel nadat hulle in Britse hande geval het terwyl hulle in Britse uniforms geklee was.
  • 1953: Die minister van vervoer, Ben Schoeman, open die internasionale eindpunt-gebou by die Jan Smuts-lughawe in Kempton Park.
  • 1987: Generaal Magnus Malan, minister van verdediging, erken vir die eerste keer in die openbaar dat daar Suid-Afrikaanse troepe in Angola is om Unita-magte in dié land te steun en om Swapo-magte teen te werk.
  • 1991: Die Engelse Suid-Afrikaanse skrywer, Nadine Gordimer, wen die Nobelprys vir letterkunde.