30 April 1925 – Antjie Krog se ma gebore

Die Afrikaanse skrywer en ma van skrywer Antjie Krog, Dot Serfontein, is vandag 95 jaar gelede, op 30 April 1925 gebore.

Volgens ’n profiel van dié skrywer op LitNet kon Serfontein as kind nie “dogtertjie” sê nie, maar “dottertjie”, derhalwe het die naam “Dot” houvas gekry. Sy het reeds as jong kind haar skryftalent begin ontwikkel. Sy het haar skoolloopbaan in Kroonstad voltooi en daarna ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy het ook ’n onderwysdiploma verwerf en in Bloemfontein begin skoolhou. In 1949 is sy as vroueredaktrise van “Die Volksblad” aangestel.

Haar eerste kortverhale is in die “Sarie Marias” gepubliseer en in 1960 verskyn haar eerste publikasie “Liefde in die kwepertyd”. Talle kortverhale en vervolgverhale het daarna uit Serfontein se pen verskyn. Oor Serfontein se 1969-publikasie “Systap onder die juk: Sketse van vreeslose Vrystaters” skryf Hennie Aucamp soos volg aan Serfontein: “Jy het ’n deur oopgemaak na die nuwe veld waarop ek sou konsentreer. Dit is ’n ontwikkeling in die Afrikaanse verhaalkuns wat eie is aan die Suid-Afrikaner – dit is volkserfenis.” Serfontein is op 4 November (91) 2016 oorlede. (Bron: LitNet)