30 April 1925 – Dot Serfontein gebore

Dot Serfontein is op 30 April 1925 gebore. Sy was ‘n skrywer van kortverhale en kontreiverhale. Sy was die moeder van die digter Antjie Krog en het ook onder die skuilname SJ Nasau en Luca Fick geskryf.

“Ek dink die mens se omgewing het ’n baie groter rol te speel in jou karakter as wat ’n mens elke dag besef, veral as jou wortels diep in ’n sekere landskap ingeweef is, dan laat die nuwe wortels nuwe blare te voorskyn bring. Maar dit is maar dieselfde boom.” Dot Serfontein