30 Junie 1938 – Legendariese storieverteller Jan Spies gebore

Die legendariese storieverteller en skrywer Jan Spies is vandag 82 jaar gelede, op 30 Junie 1938, op Sekretarispan in die destydse Suidwes-Afrika gebore.

Hy het sy skoolloopbaan in Suidwes voltooi, waarna hy sy studies by die Universiteit van Pretoria aangepak het. In 1974 behaal hy sy doktorsgraad in Afrikaans en ’n jaar later verskyn sy eerste bundel “Voetvolk”. Ander bundels wat hierop gevolg het was onder meer “Poort deur die koue” in 1984 en “Spieserye” in 1988. Dit was veral die televisieprogram “Spies en Plessié” wat hy saam met die skrywer P.G. du Plessis aangebied het, wat Spies die diepste in die harte van die Suid-Afrikaanse gemeenskap laat kruip het. Sy kenmerkende aksent het boonop kykers gaande gehad. Spies was aan die einde van 1995 in ’n ernstige motorongeluk en het op 4 Januarie 1996 as gevolg daarvan oorlede.