31 Julie 1885 – M.L. de Villiers in die Paarl gebore

Op 31 Julie 1885, vandag 135 jaar gelede, word Marthinus Lourens de Villiers, beter bekend as M.L. de Villiers, in die Paarl gebore.

De Villiers het van jongs af ’n uitsonderlike musiektalent getoon en was vroeg reeds ’n bekwame pianis, violis, orrelis en klarinetspeler. De Villiers, die komponis van “Die Stem van Suid-Afrika” (geskryf deur C.J. Langenhoven), het volgens die taalhistorikus Jaap Steyn saam met legendes soos Arnold van Wyk, Hubert du Plessis en Rosa Nepgen ’n groot bydrae tot die Afrikaanse liedereskat gelewer. Dié musikale meester het die toonsetting van “Die Stem” in 1921 gedoen. Talle skoolliedere het uit De Villiers se pen gevloei sowel as verskeie volkspeleliedere. Baie van De Villiers se liedere het ’n patriotiese inslag gehad.

Lees meer oor De Villiers en ander wat saam gebou het aan Afrikaans in Steyn se publikasie Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die ‘Patriot’-jare. Die boek is beskikbaar is Kraal Uitgewers se aanlyn winkel.