4 Augustus

  • 1782 – Die Engelse skip, die Grosvenor, strand naby die mond van die Umzimvuburivier weens slegte weer. Net 17 van die 286 passasiers en bemanningslede het die lang en gevaarlike tog na Kaapstad oorleef.
  • 1804 – Newton Adams, die eerste geneesheer in Natal, word in Bloomfield, VSA, gebore.
  • 1998 – Werkers in die chemiese bedryf neem deel aan ʼn landswye staking, wat daartoe lei dat verskeie vulstasies in stedelike gebiede leeg loop.