4 Julie

  • 1998: Daar word aangekondig dat Tito Mboweni, toenmalige minister van arbeid, dr. Chris Stals in Augustus 1998 as president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal opvolg.
  • 1959: Die Nasionale Sokkerliga word in Suid-Afrika gestig.
  • 1849: Die Anti-Bandietebeweging, wat veg teen die instelling van die Kaap as ʼn strafkolonie, vergader in Kaapstad. Dit volg nadat ʼn proklamasie in 1848 afgekondig is wat bepaal dat Britse bandiete voortaan na die Kaapkolonie gebring sou word. Die Anti-Bandietebeweging is derhalwe in Mei 1849 gestig en verskeie protesaksies het daarop gevolg. Die eerste skip met 282 Britse bandiete, die Neptune, was intussen reeds op pad na die Kaap, maar weens die ingryping van die Anti-Bandietebeweging is die Britse regering gedwing om teen Februarie 1850 die skip met sy sogenaamde “pestilensies” na Van Diemen’s Land (later bekend as Tasmanië, Australië) te stuur.
  • Wêreldnuus: 1997: Die ruimtetuig die Pathfinder land op Mars.